Die produksie van voortdurend verbeterde geënte wingerdstokke is
vir meer as 55 jaar al Voor-Groenberg Kwekerye se passie.

Ons Profiel

Die produksie van hoë gehalte geënte wingerdstokke is die afgelope 55 jaar Voor-Groenberg Kwekery se passie. Ons het ontstaan as ʼn groep klein familie-besighede en het gegroei tot een van Suid-Afrika se voorste kwekerye wat ʼn verskeidenheid wyn-, tafel- en droog-druiwe ent op verskeie onderstok-kultivars aanbied.

Voor-Groenberg Kwekerye is geleë naby die dorp Wellington in die Wes-Kaap provinsie van Suid-Afrika. Die grond en klimaat om Wellington is ideaal geskik vir ons tegniek.

In 1989 is die familie-besighede saamgevoeg tot een maatskappy wat vandag drie ervare wingerdboukundiges insluit, hulle verskaf ook konsultasiedienste aan kliënte vir onderstok- en kultivarseleksie. Ons produseer jaarliks meer as 4 miljoen geënte wyn-, tafel- en droog-druif stokke, wat aan meer as 1 500 bekroonde kliënte verskaf word.

In samewerking met PVO’S vir die verskaffing van fitosanitêre onderhoudsdienste, sowel as verskeie teelprogramme in die buiteland, is ons in staat om aan ons kliënte die beste kultivar-klone wat die wêreld bied, te voorsien. Plantmateriaal word verkry van verskeie lande, waaronder Frankryk, Italië, VSA, Argentinië, Australië, Israel, Switserland, Oos-Europa, Duitsland, Portugal, Spanje en Suid-Afrika.

Ons sustermaatskappy, VG Nurseries International, bedien internasionale kliënte wêreldwyd, waaronder lande in Noord- en Suid-Amerika, Afrika, die Midde Ooste en die Verre Ooste.

Ondervinding wat internasionaal opgedoen word, verskaf uitstekende geleenthede om die jongste klone seleksie en kultivar ontwikkeling te evalueer, en daardeur aan die toenemende vraag na verbeterde kwaliteit en produksievlakke te voldoen.

Kontak Johan Wiese, Andrew Teubes of Koos van der Merwe:

Tel 021 864 1018 Contact Faks 021 864 3689 Contact e-pos vgroenberg@vgb.co.za Contact www.vgnurseries.co.za