ELKE TREE VAN DIE PAD
Voor-Groenberg is saam met jou daar
Ons kennis, integriteit en ondersteuning sal verseker dat
jou belegging in die beste plantmateriaal groei
tot ʼn kwaliteit oes-dividend.
Rootstock
vine plants
grafted vine plants
wine
Voor-Groenberg Nurseries
vine plants
Slider

Ons Profiel

Die produksie van hoë gehalte geënte wingerdstokke is die afgelope 55 jaar Voor-Groenberg Kwekerye se passie.

Ons het onstaan as ʼn groep klein familie-besighede en het gegroei tot een van Suid-Afrika se voorste kwekerye wat ʼn verskeidenheid van wyn-, tafel- en droog-druiwe geënt op verskeie onderstok-kultivars aanbied

Wat ons doen–Die proses uiteengesit

Seleksie

  • Eienskappe word identifiseer wat die behoeftes van die mark aanspreek
  • Selekteer unieke eienskappe soos trosgrootte, smaak en vrugbaarheid
  • Evalueer seleksies vir enige negatiewe eienskappe
  • Identifiseer elke seleksie met ʼn spesifieke kloonnommer onder die betrokke kultivar

Virus Reiniging

  • Verskeie virusse het ‘n negatiewe invloed op wingerd plantmateriaal
  • Plante het nie die vermoë om virus infeksies te beveg nie
  • Dit is belangrik om virusse in die plantmateriaal te elimineer
  • Die reinigingsproses is tydrowend – tot twee jaar
  • Plante moet die virus ontgroei – ‘n mikroskopiese deel van hierdie weefsel word gebruik om virusvrye plantmateriaal te kweek

Vermeerdering vir Moederstokke

  • Na virus reiniging word die sensitiewe plantjies tot sterker plante verbou
  • Deur verskeie groeifases in verskillende plant mediums word die virusvrye plante in kweekhuise gehou vir vermeerdering
  • Kweekhuisplante vorm die basis vir verdere moederblok aanplantings

Vermeerdering vir Kwekers

  • Moederblokke word geplant onder spesifieke kontroles om die beste kwaliteit materiaal te verseker
  • Onderstokke is noodsaaklik vir suksesvolle vermeerdering van stokke in Suid-Afrika
  • Die onderstok en bostokmateriaal geproduseer vanaf hierdie moederblokke word gebruik vir enting in die kwekery

Entingsproses

  • Die bostok (wyn- en tafeldruif) word op die onderstok geënt
  • Daar bestaan verskillende metodes van ent, maar tafel enting word grootliks in die wingerdbedrywe gebruik
  • Lang tong enting – met hand gedoen
  • Omega enting – met masjien gedoen

Kallus

  • Na enting word die geënte stok op verskillende maniere versorg, bv. gewaks om uitdroging van die plantmateriaal te verhoed
  • Dit word in ‘n gekontroleerde omgewing gestoor met ideale humiditeit en temperatuur om kallusvorming by die entlas te stimuleer

Kwekery

  • Na afloop van die kallusvormingsproses word die stokke gedurende die begin van lente oorgeplant in vooraf voorbereide grond
  • Die plante ontwikkel ‘n sterk wortelstelsel van die geente onderstok en sterk bo-groei vanaf die bostok kultivar
  • Na ag maande in die kwekeryland word die stokke verwyder, geklassifiseer en gesertifiseer voor lewering aan die druif produsent

Nuwe Wingerde

  • Die druiwe produsent plaas ‘n bestelling by die kwekery 18 maande voor lewering
  • Die bestelling word basseer op advies vanaf die wingerdboukundiges om die mees geskikte geënte kombinasies gegewe die grondkwaliteit en klimaatsomstandighede
  • Gedurende die winter ontvang die produsent die spesifieke geënte kombinasie om in sy wingerd te plant

Verbruiker

  • Die verbruiker se voorkeure dikteer die ontwikkeling van druif kultivars
  • Die ontwikkeling en seleksie van nuwe kultivars is ‘n deurlopende proses gefokus om die verbruiker se veranderende voorkeur te diens

Kontak Johan Wiese, Andrew Teubes of Koos van der Merwe:

Tel 021 864 1018 Contact Faks 021 864 3689 Contact e-pos vgroenberg@vgb.co.za Contact www.vgnurseries.co.za